Reformerende Kerk Johannesburg
Die Reformerende Kerk Johannesburg is in 1996 gestig. Die naam Reformerende Kerk wys op ‘n proses wat nooit afgehandel kan wees nie. Ons is ‘n gemeente wat poog om altyd aan die hand van God se Woord en onder leiding van die Heilige Gees te vernuwe. Dis nie die doel van die kerk om jou seksuele oriëntasie te probeer verander nie.
